Die Setlaars Wetenskap Expo is gedurende 2003 deur Laerskool Setlaarspark gestig. Hierdie Expo bied aan jong wetenskaplikes van alle skole in Port Elizabeth en omgewing, die geleentheid om hul kennis, vaardighede en navorsing toe te pas.

Die Expo bied vier kategorieŽ om alle aspekte van die onderwerp te dek: fisiese, wiskundige en biologiese wetenskappe, en ontwerp en tegnologie.
 
Hierdie geleentheid was so suksesvol dat daar in 2004 besluit is om leerkragte van ander skole en beamptes van die Departement van Onderwys in die Komitee te betrek. 
 

Pryse vir beide leerders en hul skole word in elke kategorie toegeken

Gedurende 2004 het twee leerders van die Laerskool Setlaarspark deelgeneem aan die Technikon Expo waar hulle Goue Sertifikate verwerf het. Hulle is ook deur Ďn paneel van beoordelaars gekeur om deel te neem aan die Nasionale Expo in Pretoria gedurende September 2004. 

 

 

 
 
 
 
 
Hosted by:
CSE (PTY) LTD 041-3733442

Last updated:Thursday June 23, 2005 11:26:39 AM  ©2004-2005 copyright. Ledeck. All rights reserved.