Na die amalgamasie van Laerskool Walmer en Laerskool Cunningham in 1995, het die nuutgevormde Laerskool Setlaarspark hierdie wapen aanvaar .
 

Die Aalwyn in die wapen simboliseer die groei van ons leerders op geestelike, akademiese, fisiese, sosiale en kulturele vlak.
 
Die pragtige blomme van die aalwyn is n teken van die vrug (talente, waardes ens.) voortgebring deur ons leerders wanneer groei plaasvind.
 
Die Boek simboliseer:
1. die positiewe ontwikkeling van kennis en vaardighede in ons skool.
2. die sterk Christelike karakter van ons skool wat in alle aktiwiteite manifesteer.

 

 

 
 
 
 
 
Hosted by:
CSE (PTY) LTD 041-3733442

Last updated:Thursday June 23, 2005 11:26:36 AM  2004-2005 copyright. Ledeck. All rights reserved.