Sport

Afrigting word aangebied in Atletiek, Tennis, Mini-tennis, Netbal, Krieket, Mini-krieket, Landloop en Rugby. n Volledige en duidelike program word aan die begin van elke kwartaal aan leerders beskikbaar gestel. Dit word van elke leerder verwag om aan ten minste een winter en een somer sportsoort deel te neem. n Jaarlikse Setlaarspark Sportdag word gehou.

 

Skaak
 
Skaakonderrig van Gr. 1 tot Gr. 7 is deel van die skool se kurrikulum. Ons Skaakklub speel gereeld wedstryde teen spanne van ander skole. Skaakfeeste word ook jaarliks gehou.

Rekenaar, Koor en Slagorkes
 
Word aangebied vir seuns en dogters dwarsdeur die jaar. n Musiekaand word jaarliks gehou.

Konserte en Operettes
 
Leerders het jaarliks die geleentheid om deel te neem aan konserte of ander kulturele aktiwiteite. Sodoende ontdek en ontwikkel hulle verskuilde talente.

Kuns en Kultuur
 
Ekstra Kunsklasse word twee maal per week aangebied.
 

Kunsfeeste
 
Leerders neem gereeld deel aan plaaslike Eisteddfods en die P.E. Afrikaanse Kunsfees.


 

 

 

 

 
 
 
 
 
Hosted by:
CSE (PTY) LTD 041-3733442

Last updated:Thursday June 23, 2005 11:26:26 AM  2004-2005 copyright. Ledeck. All rights reserved.